In ons strewe om ʼn ware een-stop diens te lewer stel ons pasgemaakte oplossings voor vir elke kliënt se spesifieke omstandighede en behoeftes.
Dienste kan per-geleentheid gebied word, of as deel van ʼn omvattende diens-pakket, waardeur Euan die voornemende, of bestaande, entrepeneur bystaan om van die basiese sake-konsep ʼn funksionerende besigheids-infrastruktuur daar te stel.
Ons is kliënte behulpsaam in die oorweging van alle tersaaklike faktore en die daarstel van ʼn geskikte struktuur vir die besigheid, deur:
Die kern van ons dienste behels basiese, maar volledig gerekenariseerde rekordhouding, met gepaste skedules en verslae, deurlopend verwerk, asook verdere verslagdoening- en belasting pligte.
Ons help om gepaste interne kontrole-maatreëls in te stel as grondslag vir voldoening as wetlike vereistes vir rekordhouding, finansiële verslagdoening en besigheids-belasting dienste.
Die doelwit is om volledige voldoening aan enige toepaslike pligte as belastingbetaler te verseker, op kundige en professionele wyse, met die belang van die belastingbetaler as vertrekpunt.
Dienswydte dek meeste belastings, insluitend persoonlike belasting, besigheids belastings, werknemersbelasting en BTW:
Baie van die ad-hoc dienste, weens die wye veld en potensiële unieke faktore, word aangebied in samewerking met gekose assosiate of op ʼn verwysings-grondslag na ʼn firma met toepaslike kundigheid.
Dit sluit in
