wie is ons

Eenstop, omvattende boekhouding, administrasie en professionele belastingdienste vir besighede en individue.

Die visie van euan besigheids- & finansiële dienste is om:

geskikte en dinamiese oplossings te vind vir kliënte se besigheids-administrasie behoeftes en pligte.

dit kundig en koste-effektief te implimenteer en in stand te hou

en om deur volgehoue betrokkenheid te verseker dat die oplossings relevant bly, groei en ontwikkel saam met die kliënt

Euan lewer kundige dienste in die velde van boekhouding en finansiële bestuur, belasting en besigheids-administrasie, deur ons eie span, of deur die kontraktering van assosiate wat ons benadering en waardes deel.

Ons verseker dat ons kundigheid berus op ʼn deeglike kennis van elke dissipline en van huidige beste praktyk en wetgewing.

Deur ons oplossings te ondersteun met professionele diens, geskoei op uitnemendheid, ervaar kliënte dat hulle belange en behoeftes voorkeur geniet en effektief behartig word – op hierdie wyse bou Euan langtermyn verhoudinge met kliënte.

Benadering

bestuur

Euan is die praktyk van Joffré Papenfus. Die praktyk is gestig en ontwikkel met die visie om ʼn een-stop diens te voorsien aan klein- tot medium ondernemings, in die velde van boekhou en finansiële bestuur, belasting en besigheids-administrasie.

Joffré het omvangryke ervaring deur die suksesvolle vestiging en volgehoue groei van Euan sedert die jaar 2000, en ʼn korporatiewe loopbaan van meer as 10 jaar, as finansiële beampte en –bestuurder, logistieke- en algemene bestuurder.
Etlike kliënte is steeds by ons praktyk, na meer as twee dekades.

Hy is ʼn geregistreerde belasting praktisyn en lid van South African Institute of Taxation sedert 2013.